Ramprisikovermindering

Ramprisikovermindering (RRV) is ’n sistematiese benadering tot die identifisering, taksering en vermindering van die risiko’s van rampe. Dit is daarop gemik om sosio-ekonomiese kwesbaarhede tot rampe te verminder asook op die omgewings- en ander gevare wat dit kan aktiveer: hier is dit sterk beïnvloed deur die hoeveelheid navorsing oor kwesbaarheid wat in druk verskyn het sedert die middel 1970’s.[1] Dit is die verantwoordelikheid van ontwikkelings en hulpagentskappe en behoort ’n integrale deel te wees van die manier waarop sulke organisasies hul werk doen. Dit behoort dus nie ’n eenmalige of terloopse aksie te wees nie. RRV is ’n baie breë studiearea en daarom is die omvang daarvan baie breër en dieper as konvensionele noodbestuur. Daar is potensiaal vir RRV-inisiatiewe in naastenby elke sektor van ontwikkelings- en humanitêre werk.

Die algemene definisie van RRV wat gebruik word deur agentskappe van die Verenigde Nasies soos UNISDR en UNDP is: “Die konsepsuele raamwerk van elemente wat oorweeg word met die moontlikheid om kwesbaarhede en ramprisiko’s te verminder in ’n gemeenskap om die nadelige impakte van gevare te voorkom of te beperk, binne die breë konteks van volhoubare ontwikkeling.”[2]

  1. (en) Wisner, B., et al. 2004. At risk: natural hazards, people’s vulnerability and disasters. Londen: Routledge
  2. (en) UNISDR (2004). Leef met risiko: ’n globale oorsig van rampverminderingsinisiatiewe (PDF) (in Engels en Spaans). Genève: UNISDR. p. 429. ISBN 9211010640.{{cite book}}: AS1-onderhoud: onerkende taal (link)

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy